Tuis

Waar kos, liefde en herinneringe saamkom

By Stella Foods glo ons dat goeie kos meer doen as om mense te voed—dit bring families en vriende bymekaar en skep herinneringe wat ’n leeftyd hou.

Met liefde voorberei. Met trots bedien.

brood 1

Ons Storie

Stella Foods se storie begin in 1969, toe my Ouma Stella en Oupa Koos my uit die hospitaal gaan haal en grootgemaak het. In Ouma se kombuis—tussen varsgebakte brood, ’n knieskottel en Oupa se vars heuning—het my liefde vir kos begin.

Wat as ’n familietradisie begin het, het in 2001 ’n besigheid geword. In 2020 het ons die naam Stella aangeneem ter ere van die vrou wat my geleer het dat kos met liefde voorberei en met ’n oop hart gedeel moet word.

Vandag bou ek en Jannie voort aan dié nalatenskap—vir ons kliënte, ons familie en vir ons drie kinders, wat elkeen op ’n besondere manier deel van ons lewe en ons storie is.

Besoek ons winkel
Ons happy tye

Wat Ons Bied

Spyseniering vir elke geleentheid
Van intieme familiebyeenkomste tot groot korporatiewe funksies—ons berei elke ete met sorg en liefde voor.

Soet en sout lekkernye
Pragtige borde, vingerhappies, varsgebakte brood en heerlike nageregte wat mense om ’n tafel saambring.

Kos met karakter
Tradisionele geure met ’n vars kinkel—met liefde voorberei en met trots bedien.

Langtafel 4

Kom Ons Maak Jou Geleentheid Besonder

Beplan jy ’n familiebyeenkoms, spesiale viering of korporatiewe funksie? Kontak ons gerus—ons help jou graag om ’n smaaklike en onvergeetlike geleentheid te skep.

Riëtte: 083 631 2058
E-pos: info@stellafoods.co.za

Farm Leeuwpoortjie, N11, D16-afdraai, Middelburg, Mpumalanga, 1050
Ons winkelprodukte word regoor Suid-Afrika deur The Courier Guy afgelewer.

Kry ‘n kwotasie